39. Maar die nageslag van Dawid sal Ek verneder weens die sonde van Salomo, hoewel dit nie vir altyd sal wees nie.’”
40. Salomo het Jerobeam probeer doodmaak, maar hy het na koning Sisak van Egipte gevlug en daar gewag tot Salomo se dood.
41. Die ander gebeurtenisse tydens Salomo se regering, wat hy gedoen het en sy wysheid, is opgeteken in Die boek van die handelinge van Salomo.
42. Salomo het 40 jaar lank in Jerusalem oor die hele Israel regeer.
43. Toe hy sterf, is hy in die stad van sy pa, Dawid, begrawe. Sy seun Rehabeam het hom opgevolg.