9. “So het יהוה-Tzva’ot gesê: ‘Deel eerlike vonnis uit en beoefen goedheid en liefdevolle omgee, elkeen vir sy broer
10. en moenie die weduwee of die wees, die vreemdeling of die arme onderdruk nie en moenie boosheid in julle verstand, wil en emosie teen mekaar beplan nie.’
11. Hulle het egter geweier om aandag te gee en ’n hardnekkige skouer gedraai en hulle ore toegestop om nie te hoor nie.
12. Hulle het hul harte soos vuursteen gemaak sodat hulle nie die wet of die boodskap wat יהוה-Tzva’ot deur Sy Gees deur die vroeëre profete gestuur het, kon hoor nie; daarom het groot toorn vanaf יהוה-Tzva’ot gekom.Yeg 39:22-23