Z'kharyah 7:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Is dit nie die boodskap wat יהוה deur die vroeëre profete verkondig het, toe Yerushalayim en sy omliggende stede bewoond en voorspoedig was en die Suidland (Negev) en die voetheuwels bewoond was, nie?’”

8. Toe het die boodskap van יהוה tot Z’kharyah gekom en gesê:

9. “So het יהוה-Tzva’ot gesê: ‘Deel eerlike vonnis uit en beoefen goedheid en liefdevolle omgee, elkeen vir sy broer

10. en moenie die weduwee of die wees, die vreemdeling of die arme onderdruk nie en moenie boosheid in julle verstand, wil en emosie teen mekaar beplan nie.’

Z'kharyah 7