Z'kharyah 2:10-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. (2:14) Sing van vreugde en wees bly, o dogter van Tziyon, want let op, Ek kom en sal in jou midde bly,” verklaar יהוה.

11. (2:15) Baie nasies sal hulle in daardie dag aan יהוה verbind en sal My volk word, dan sal Ek in jou midde bly en jy sal weet dat יהוה-Tzva’ot My na jou toe gestuur het.

12. (2:16) יהוה sal Y’hudah as Sy porsie in die afgesonderde land besit en sal Yerushalayim weer kies.

13. (2:17) Alle vlees, wees stil voor יהוה, want Hy het opgestaan vanuit Sy afgesonderde blyplek.”

Z'kharyah 2