1. In die agtste maand van die tweede jaar van Daryavesh, het die boodskap van יהוה gekom tot Z’kharyah, die profeet, die seun van Berekhyah, die seun van `Iddo en gesê:
2. “יהוה was baie kwaad vir julle vaders.Ya’a 4:8
3. Sê daarom vir hulle: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Keer terug na My,” verklaar יהוה-Tzva’ot, “dat Ek na julle toe kan terugkeer,” sê יהוה-Tzva’ot.
4. “Moenie soos julle vaders wees nie, vir wie die vroeëre profete verklaar en gesê het: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Draai nou terug van julle bose lewenswyse en julle bose dade,”’ maar hulle het nie geluister of My gehoorsaam nie,” verklaar יהוה.
5. Julle vaders, waar is hulle? Die profete, leef hulle vir ewig?