1. Die woord van יהוה het vir die tweede maal tot Yonah gekom en gesê:
2. “Staan op, gaan na die groot stad Ninveh en verkondig daaraan die verklaring wat Ek gaan gee.”
3. Yonah het opgestaan en na Ninveh gegaan volgens die woord van יהוה. Ninveh was ’n uitermate groot stad, drie dae se loop.