Yoganan 7:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. want niemand doen iets in die geheim en begeer dat dit bekend sal wees nie. As U hierdie dinge doen, wys Uself aan die wêreld,”

5. want ook Sy broers het nie in Hom vertrou nie.

6. Yeshua sê vir hulle: “My tyd het nog nie gekom nie, maar julle tyd is altyd gereed.

7. Die wêreld kan julle nie haat nie, maar hy haat My omdat Ek van hom getuig dat sy dade boos is.

8. Gaan julle op na die fees. Ek gaan nie dadelik op na hierdie fees nie omdat my tyd nog nie aangebreek het nie.”

9. Hy het hierdie dinge gesê en in die Galil gebly,

10. maar nadat Sy broers opgegaan het na die fees, het Hy ook opgegaan, nie openlik nie, maar in die geheim.

11. Die mense van Y’hudah het Hom op die fees gesoek en gevra: “Waar is Hy?”

Yoganan 7