37. Op die laaste groot dag (Hoshana Rabbah) van die fees, het Yeshua opgestaan en verklaar: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!Yes 44:3; Yes 55:1; Yes 58:11; Yir 17:13; Yog 4:10-14
38. Elkeen wat in My vertrou, soos die Skrif sê: ‘Riviere van lewende water sal uit sy binneste vloei’.”
39. Dit het Hy gesê van die Gees, waarvoor dié wat in Hom vertrou, voorberei word om Hom te ontvang, want die Gees was nog nie gegee nie omdat Yeshua nog nie opgelig en vereer is nie.
40. Baie van die mense wat Sy woorde gehoor het, het gesê: “Hy is waarlik die profeet.”
41. Ander het gesê: “Hy is Die Gesalfde Een” en ander het gevra: “Kan Die Gesalfde Een uit die Galil kom?2 Sh'm 7:12 en uit BeitLegem,Mik 5:1 die dorp van Dawid, kom nie?”Yir 23:5-6
42. Sê die Skrif nie dat Die Gesalfde Een uit die geslag van Dawid
43. Daar was verdeeldheid oor Hom onder die skare mense
44. en sommige onder hulle wou Hom vang, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.
45. Daardie tempelwagte het by die leierpriesters en die Fariseërs gekom en die priesters vra vir hulle: “Waarom het julle Hom nie gebring nie?”
46. Die tempelwagte antwoord hulle: “Nog nooit het ’n mens gepraat soos hierdie man praat nie.”
47. Die Fariseërs vra vir hulle: “Is julle ook mislei?
48. Het iemand uit die leiers of uit die Fariseërs in Hom vertrou?
49. Hierdie mense daarenteen, wat die wet nie ken nie, is vervloek!”
50. Nakdimon, hy wat in die nag na Hom toe gegaan het, wat een van hulle was, sê vir hulle:
51. “Oordeel ons wet die mens sonder om eers by hom te hoor en te weet wat hy doen?”
52. Hulle antwoord en sê vir hom: “Is jy ook uit die Galil? Ondersoek en sien dat die Profeet nie uit die Galil sal opstaan nie.”
53. Toe gaan elkeen na sy huis toe.