34. Julle sal My soek en My nie kry nie en na waar Ek is, kan julle nie gaan nie.”
35. Daarop sê die Jode onder hulleself: “Waarheen berei Hy voor om te gaan dat ons nie by Hom kan wees nie? Berei Hy voor om na ’n streek van die nie-Jode te gaan en húlle te leer?`Am 8:12
36. Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: ‘Julle sal My soek en My nie kry nie en na waar Ek is, kan julle nie gaan nie’?”Yes 12:3; Yes 55:1; `Am 8:11
37. Op die laaste groot dag (Hoshana Rabbah) van die fees, het Yeshua opgestaan en verklaar: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!Yes 44:3; Yes 55:1; Yes 58:11; Yir 17:13; Yog 4:10-14