Yoganan 7:15-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. en die Jode het hulle verwonder en gevra: “Hoe ken hierdie man die boekrolle terwyl Hy nie geleer het nie?”

16. Yeshua antwoord en sê: “Wat Ek leer is nie van My af nie, maar van Hom wat My gestuur het.

17. Wie ook al besluit om Sy wil te doen, verstaan My lering en of dit vanuit God is en of Ek vir My eie plesier praat.

18. Hy wat uit die plesier van sy gedagtes praat, soek sy eie verering, maar Hy wat die eer en lof soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is getrou en daar is geen valsheid in Hom nie.

19. Is dit nie Moshe wat vir julle die wet gegee het nie? Tog hou nie een van julle die wet nie.

20. Waarom beplan julle om My dood te maak?” Die skare mense antwoord en sê: “Daar is ’n demoon in U. Wie beplan om U dood te maak?”

21. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek het een daad gedoen en julle is almal verwonderd.Lev 12:3 nie dat dit van Moshe is nie, maar van die vadersGen 17:1-27; Gen 21:4 en julle besny ’n seun op die Shabbat.

22. Vir hierdie rede het Moshe julle die besnydenis gegee,

23. As ’n seun besny word op die Shabbat omdat die wet van Moshe nie gebreek moet word nie; hoe kla julle teen My omdat Ek ’n volledige mens op die Shabbat gesond gemaak het?

24. Moenie oordeel volgens vals voorwendsels nie, maar oordeel met ’n regverdige oordeel.”

25. Die inwoners van Yerushalayim sê: “Is dit nie Hy wat hulle beplan om dood te maak nie

26. en let op, Hy praat openlik en hulle sê niks vir Hom nie? Is dit moontlik dat die oudstes weet dat Hy waarlik Die Gesalfde Een is?Mik 5:1

27. Ons weet van waar hierdie Een is, maar Die Gesalfde Een, wanneer Hy kom, sal niemand weet van waar Hy is nie.”

28. Yeshua verhef Sy stem terwyl Hy in die tempel leer en sê: “Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie, maar Hy wat My gestuur het, is Waar, vir Wie julle nie ken nie,

29. maar Ek ken Hom omdat Ek een met Hom is en Hy My gestuur het.”

30. Hulle wou Hom gryp en niemand het die hand aan Hom geslaan nie omdat Sy tyd nog nie gekom het nie,

31. maar baie van die mense het in Hom vertrou en gevra: “Wanneer Die Gesalfde Een kom, sal Hy meer wondertekens doen as wat hierdie man gedoen het?”

32. Die Fariseërs het gehoor dat die mense hierdie dinge van Hom sê en die Fariseërs en die leierpriesters het tempelwagte gestuur om Hom te vang.

33. Yeshua het gesê: “Ek is nog ’n kort tydjie by julle en Ek gaan om by Hom te wees wat My gestuur het.

34. Julle sal My soek en My nie kry nie en na waar Ek is, kan julle nie gaan nie.”

Yoganan 7