1. Na hierdie dinge het Yeshua na die oorkant van die see van Galila, dit is, die see van Tiberias, gegaan
2. en ’n groot skare mense het saam met Hom gegaan omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy vir die siekes gedoen het.
3. Yeshua het opgegaan met ’n berg en daar saam met Sy studentevolgelinge gaan sit.
4. Die Pesagfees van die Jode was naby.
5. Yeshua het Sy oë opgelig en gesien dat ’n groot groep mense na Hom toe kom en Hy vra vir Filippos: “Waar kan ons gaan brood koop sodat hierdie mense kan eet?”
6. Hy het dit gesê om hom te toets, want Hy het geweet wat Hyself beplan het om te doen.
7. Filippos antwoord Hom: “Brood vir een honderd denarii sal nie genoeg wees sodat elkeen van hulle ’n stukkie kan kry nie.”
8. Een van Sy studentevolgelinge, Andreas, Shim’on Kefa se broer, sê vir Hom:
9. “Hier is ’n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense?”
10. Yeshua sê vir hulle: “Laat al die mense gaan sit.” Daar was baie gras op dié plek en hulle het gaan sit; ongeveer vyf duisend manne in getal.
11. Yeshua vat die brode en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die wat daar sit; so ook die visse, soveel as hulle wou hê.
12. Nadat hulle versadig was, sê Hy vir Sy studentevolgelinge: “Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat niks verlore gaan nie.”
13. Hulle het bymekaargemaak en twaalf groot mandjies vol gemaak met stukke wat oorgebly het by dié wat die vyf garsbrode geëet het.Deut 18:15, 18
14. Die mense wat die wonderteken, wat Yeshua gedoen het, gesien het, het gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat in die wêreld sou kom.”
15. Yeshua het geweet dat hulle gereed was om Hom te kom gryp, om Hom koning te maak en Hy het Homself onttrek in daardie berg in, Hy alleen.
16. Toe dit aand geword het, het Sy studentevolgelinge afgegaan na die see toe
17. en nadat hulle in die boot geklim het, het hulle na die oorkant van die see gevaar na K’far-Nagum. Dit het donker geword en Yeshua het nog nie by hulle aangesluit nie.
18. Die see het onstuimig geword teen hulle omdat ’n sterk wind gewaai het.