8. Die Gees blaas waar Hy wil en jy hoor Sy Stem, maar jy weet nie vanwaar Hy kom en waarheen Hy gaan nie. Net so is elkeen wat uit die Gees gebore is.”
9. Nakdimon antwoord en sê vir Hom: “Hoe is dit moontlik vir hierdie dinge om te gebeur?”
10. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Jy is ’n leermeester van Yisra’el en jy weet hierdie dinge nie?
11. Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: Ons sê wat Ons verstaan en Ons getuig van wat Ons gesien het en julle aanvaar nie Ons getuienis nie.
12. As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle dit nie glo nie, hoe sal julle My glo as Ek julle van die hemelse vertel?
13. Niemand het opgegaan in die hemel in nie, behalwe Hy wat uit die hemel uit afgekom het, naamlik die Seun van die mens: Hy wat in die hemel isNum 21:6-9
14. en net soos Moshe die slang in die wildernis opgelig het, so sal die Seun van die mens opgelig word
15. sodat elke mens wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe sal hê,1 Yog 4:9,10
16. want op dié manier het God die wêreld liefgehad: só, dat Hy Sy enigste uniekgebore Seun opgegee het sodat elkeen wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe sal hê,
17. want God het nie Sy Seun in die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat Hy lewe aan die wêreld kan gee deur Sy hand.
18. Wie ook al in Hom vertrou, word nie geoordeel nie, maar hy wat nie vertrou nie, is nou alreeds veroordeel omdat hy nie vertrou het in die Karakter en Outoriteit (Naam) van die enigste Uniekgebore Seun van God nie.