Yoganan 11:27-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Sy antwoord Hom: “Ja, my Meester, ek vertrou dat U Die Gesalfde Een is, die Seun van God, wat in die wêreld gekom het.”

28. Nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep vir Miryam, haar suster, eenkant en sê: “Ons Leermeester het gekom en Hy roep jou.”

29. Toe Miryam dit hoor, het sy vinnig opgestaan en na Hom toe gegaan.

30. Yeshua het nog nie by die dorp gekom nie, maar was op die plek waar Marta Hom ontmoet het.

Yoganan 11