Yoganan 1:4-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. In Hom was die Lewe en die Lewe was die Lig vir die mense.Kol 1:13

5. Daardie Lig skyn in die duisternis en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

6. Daar was ’n man wat van God gestuur is, met die naam Yoganan.

7. Hy het as ’n getuienis gekom om van die Lig te getuig sodat almal deur Hom sou vertrou.

8. Hy was nie die Lig nie, maar hy moes van die Lig getuig,Kol 1:12

9. van die Lig van waarheid, wat elke mens wat in die wêreld inkom, verlig.Kol 1:14-20

10. Hy was ín die wêreld en die wêreld bestaan deur Sy hand en die wêreld het Hom nie geken nie.

11. Hy het na wat Syne is, gekom en Sy eie het Hom nie ontvang nie,

12. maar aan dié wat Hom ontvang het, aan hulle het Hy die outoriteit gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Outoriteit en Karakter vertrou;

13. díe wat nie vanuit die bloed, of vanuit die begeerte van die vlees, of vanuit die begeerte van ’n man nie, maar vanuit God, gebore is.

14. Die Boodskap het Vlees geword en het onder ons gebly en ons het Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gesien, ’n Gemanifesteerde Teenwoordigheid soos van die Enigste Uniekgeborene wat vanaf die Vader kom; Hy wat vol van onverdiende guns en waarheid is.

15. Yoganan het van Hom getuig en uitgeroep en gesê: “Dit is Hy van Wie ek gesê het dat Hy ná my kom en tog voor my was, want Hy is belangriker as ek.”

Yoganan 1