28. Dit het gebeur by Beit-Anyah, aan die oorkant van die Yarden, waar Yoganan besig was om te doop.
29. Die volgende dag sien Yoganan vir Yeshua na hom toe kom en hy sê: “Let op, Hy is die Lam van God wat die sonde van die wêreld verwyder!
30. Dit is Hy van Wie ek gesê het: ‘Die Man wat ná my kom, Hy was voor my, want Hy is belangriker as ek.’
31. Ek het Hom nie geken nie, maar ek het gekom en in water gedoop sodat Hy aan Yisra’el gemanifesteer sou word.”
32. Yoganan het getuig en gesê: “Ek het die Gees soos ’n duif uit die hemel sien afkom en op Hom bly.Mat 3:16; Mar 1:10; Luk 3:22
33. Ek het Hom nie geken nie, maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: ‘Hy op Wie jy die Gees sien afkom en bly, dit is Hy wat in die Gees van Afsondering doop’
34. en ek hét gesien en getuig dat hiérdie die Seun van God is.”
35. Op ’n ander dag het Yoganan weer daar gestaan met twee van sy studentevolgelinge
36. en hy sien Yeshua loop en sê: “Let op, die Lam van God!”
37. Die twee studentevolgelinge het hom dit hoor sê en Yeshua gevolg.
38. Yeshua het omgedraai en hulle gesien wat Hom volg en vir hulle gevra: “Wat soek julle?” Hulle antwoord Hom: “Leermeester, waar is U tuis?”
39. Hy sê vir hulle: “Kom kyk.” Hulle het gegaan en gesien waar Hy bly en dié dag by Hom gebly. Dit was omtrent die tiende uur (vieruur).
40. Andreas, die broer van Shim’on, was self een van hulle wat dit by Yoganan gehoor en Hom gevolg het.