Yo'el 2:1-2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Blaas ’n ramshoring in Tziyon en maak alarm op My afgesonderde berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van יהוה kom, waarlik, dit is naby,Mat 24:21; Mar 13:19

2. ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en ’n dik donkerte; soos die oggendskemering, uitgesprei oor die berge, so is daar ’n groot en magtige volk, soos wat daar nog nooit was nie en vir baie geslagte se jare ook nie weer sal wees nie.

Yo'el 2