Yirmeyahu 9:6-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. יהוה-Tzva’ot sê daarom: “Let op, Ek suiwer hulle en toets hulle, want wat anders kan Ek doen as gevolg van die dogter van My volk?

7. Hulle tong is ’n dodelike pyl; dit praat misleiding; met sy mond praat een vrede met sy naaste, maar in sy binneste stel hy vir hom ’n hinderlaag op.

8. Sou Ek hulle nie straf vir hierdie dinge nie?” verklaar יהוה. “Sou Ek Myself nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?

Yirmeyahu 9