Yirmeyahu 7:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Verander julle lewenswyse en julle dade en Ek sal julle in hierdie plek laat bly.

4. Moenie vertrou op misleidende woorde wat sê: ‘Hierdie is יהוה se tempel, יהוה se tempel, יהוה se tempel,’ nie,

5. want as julle waarlik jul lewenswyse en julle dade verander, as julle waarlik regverdige oordeel toepas tussen ’n man en sy naaste,

6. die vreemdeling, wees en weduwee nie onderdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet of agter ander gode aanloop tot julle eie vernietiging nie,

7. dan sal Ek julle laat bly in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, vir ewig en ewig.

8. Let op, julle vertrou op misleidende woorde wat nie baat nie.

9. Sal julle steel, moor, owerspel pleeg, vals sweer, tot Ba’al offer en agter ander gode aan loop, wat julle nie geken het nie

Yirmeyahu 7