Yirmeyahu 50:24-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Ek het vir jou ’n strik gespan en jy is ook gevang, o Bavel, sonder dat jy daarvan bewus was; jy is gevind en ook gegryp omdat jy in stryd was teen יהוה.

25. יהוה het sy arsenaal oopgemaak en die wapens van Sy verontwaardiging uitgebring, want dit is ’n werk van יהוה, God van die leërmagte, in die land van die Kasdeërs.

26. Kom na haar vanaf die verste grens; maak oop haar skure, stapel haar op soos hope en vernietig haar volkome! Laat niks vir haar oorbly nie.

Yirmeyahu 50