11. Hy sal ook kom en die land van Mitzrayim slaan; die wat vir die dood bedoel is, sal oorgegee word aan die dood en wie vir gevangeskap, aan die gevangeskap en wie vir die swaard, aan die swaard!
12. Ek sal ’n vuur aansteek in die tempels van die gode van Mitzrayim en hy sal hulle verbrand en hulle gevange neem. So sal hy hom toevou in die land van Mitzrayim soos ’n herder hom toevou in sy kleed en hy sal daarvandaan veilig wegtrek.
13. Hy sal ook die klippilare van die huis van die son (Heliopolis), wat in Mitzrayim is, vergruis en die tempels van die gode van Mitzrayim sal hy met vuur verbrand.”’”