11. Yoganan, die seun van Kareag en al die bevelvoerders van die leërs wat by hom was, het egter gehoor van al die boosheid wat Yishma’el, die seun van N’tanyahu, gedoen het.
12. Hulle het al die manne gevat en gegaan om teen Yishma’el, die seun van N’tanyahu, te veg en hulle het hom by die groot poel gekry wat by Giv’on is.
13. Nou, sodra al die mense wat by Yishma’el was, vir Yoganan, die seun van Kareag, gesien het saam met al die bevelvoerders van die leërs, was hulle bly.