6. Toe het Yirmeyahu, die profeet, al hierdie woorde vir Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, in Yerushalayim gesê,
7. terwyl die leër van die koning van Bavel oorlog voer teen Yerushalayim en teen al die stede van Y’hudah wat oorgebly het: Lakhish en `Azekah, want hulle het alleen as versterkte stede oorgebly onder die stede van Y’hudah.
8. Die woord wat van יהוה tot Yirmeyahu gekom het nadat koning Tzidkiyahu ’n verbond gesluit het met die hele volk wat in Yerushalayim was, om vir hulle vrylating uit te roep:
9. dat elke man sy slaaf en sy slavin, ’n Hebreeuse man of Hebreeuse vrou, vry moet laat sodat niemand ’n Hebreër, sy broer, in bande sou hou nie.
10. Al die amptenare en al die mense wat die verbond aangegaan het, het gehoorsaam dat elkeen sy slaaf en sy slavin vry sou laat gaan sodat niemand hulle meer in slawerny sou hou nie; hulle het gehoorsaam en hulle vrygelaat,
11. maar later het hulle omgedraai en weer die slawe en slavinne terug gevat wat hulle vrygelaat het en hulle het hulle as slawe en slavinne onderwerp.
12. Toe het die woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom en gesê:
13. “So sê יהוה-God van Yisra’el: ‘Ek het ’n verbond met julle vaders gesluit op die dag toe Ek hulle uit Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgebring het en gesê:Eks 21:2; Deut 15:12-18
14. “Aan die einde van sewe jaar moet elkeen van julle sy broer, die Hebreër wat aan jou verkoop is en jou ses jaar lank gedien het, vry laat weggaan; jy moet hom vry van jou af wegstuur, maar julle voorvaders het nie na My geluister of hulle oor na My gedraai nie.