2. “So sê יהוה-God van Yisra’el: ‘Gaan en praat met Tzidkiyahu, koning van Y’hudah en sê vir hom: “So sê יהוה: ‘Let op, Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Bavel en hy sal dit met vuur verbrand.
3. Jy sal nie uit sy hand ontvlug nie, want jy sal sekerlik gevang en in sy hand oorgegee word en jy sal die koning van Bavel oog tot oog sien en hy sal met jou mond tot mond praat en jy sal na Bavel toe gaan.’”’2 Kon 25:7
4. Tog, luister na die woord van יהוה, o Tzidkiyahu, koning van Y’hudah! So sê יהוה aangaande jou: ‘Jy sal nie deur die swaard sterf nie.
5. Jy sal in vrede sterf en soos wierook vir jou vaders, die vorige konings wat voor jou was, gebrand is, só sal hulle ook vir jou brand en rou oor jou: “Ag, meester,’” want Ék het die woord gespreek,” verklaar יהוה.
6. Toe het Yirmeyahu, die profeet, al hierdie woorde vir Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, in Yerushalayim gesê,
7. terwyl die leër van die koning van Bavel oorlog voer teen Yerushalayim en teen al die stede van Y’hudah wat oorgebly het: Lakhish en `Azekah, want hulle het alleen as versterkte stede oorgebly onder die stede van Y’hudah.
8. Die woord wat van יהוה tot Yirmeyahu gekom het nadat koning Tzidkiyahu ’n verbond gesluit het met die hele volk wat in Yerushalayim was, om vir hulle vrylating uit te roep:
9. dat elke man sy slaaf en sy slavin, ’n Hebreeuse man of Hebreeuse vrou, vry moet laat sodat niemand ’n Hebreër, sy broer, in bande sou hou nie.
10. Al die amptenare en al die mense wat die verbond aangegaan het, het gehoorsaam dat elkeen sy slaaf en sy slavin vry sou laat gaan sodat niemand hulle meer in slawerny sou hou nie; hulle het gehoorsaam en hulle vrygelaat,