33. Hulle het hulle rug na My toe gedraai en nie hul gesig nie; alhoewel Ek hulle geleer het, keer op keer, wou hulle nie luister en instruksie ontvang nie,
34. maar hulle het hul verwerplike dinge neergesit in die huis wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem word, om dit te verontreinig.2 Kon 21:3,6; 2 Kon 28:3,4
35. Hulle het die hoë plekke van Ba’al gebou in die vallei van Ben-Hinnom om hulle seuns en hulle dogters vir Molekh deur die vuur te laat gaan, wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in My gedagtes nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou doen om Y’hudah te laat sondig;