Yirmeyahu 32:25-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. U, יהוה-God, het vir my gesê: “Koop vir jouself die stuk grond met geld en roep getuies in,” alhoewel die stad in die hand van die Kasdeërs gegee is!’”

26. Toe het die woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom en gesê:

27. “Let op, Ek is יהוה, die God van alle vlees; is enige iets te moeilik vir My?”

28. יהוה sê daarom: “Let op, Ek is op die punt om hierdie stad oor te gee in die hand van die Kasdeërs en in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel en hy sal dit inneem.

Yirmeyahu 32