Yirmeyahu 32:12-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. en die koopbrief aan Barukh, die seun van Neriyah, die seun van Magseyah, gegee voor die oë van Hanam’el, die seun van my oom en voor die oë van die getuies wat die koopbrief onderteken het; voor die oë van almal van Y’hudah wat in die hof van die wagte gesit het

13. en ek het aan Barukh voor hulle oë beveel en gesê:

14. ‘So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Neem hierdie aktes, hierdie verseëlde koopbrief en hierdie oop akte en sit hulle in ’n erdepot sodat hulle lank kan hou,”

15. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Huise, lande en wingerde sal weer in hierdie land gekoop word.’”

16. Nadat ek die koopbrief aan Barukh, die seun van Neriyah, gegee het, het ek tot יהוה gebid en gesê:

Yirmeyahu 32