Yirmeyahu 31:25-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. want Ek versadig die vermoeide een en verfris elkeen wat wegkwyn.”

26. Hiermee het ek wakker geword en opgelet, my slaap was vir my aangenaam.

27. “Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah sal besaai met die saad van mense en van diere.

28. Soos Ek oor hulle gewaak het om uit te ruk, af te breek en om te gooi, te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle waak om te bou en te plant,” verklaar יהוה.

Yirmeyahu 31