Yirmeyahu 20:15-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Vervloek is die man wat vir my vader die nuus gebring en gesê het: “’n Baba seun is vir jou gebore” en hom baie gelukkig gemaak het,

16. maar laat dié man wees soos die stede wat יהוה omgekeer het sonder berou en laat hom ’n uitroep in die oggend hoor en ’n alarm se geskree op die middag

17. omdat hy my nie voor geboorte doodgemaak het nie sodat my moeder my graf sou word en haar baarmoeder ewig swanger.

18. Waarom het ek ooit uit die baarmoeder uitgekom om na moeilikheid en smart te kyk sodat my dae in skande deurgebring is?Yir 37:3

Yirmeyahu 20