Yirmeyahu 18:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord wat van יהוה tot Yirmeyahu gekom het:

2. “Staan op en gaan af na die huis van die pottebakker en daar sal Ek My woorde vir jou aankondig.”

3. Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker en daar was hy besig om iets op die wiel te maak,

4. maar die houer wat hy besig was om van klei te maak, het misluk in die hand van die pottebakker; hy het die klei weer gemeng en ’n ander houer gemaak, soos wat die pottebakker goed gedink het om te maak.

Yirmeyahu 18