Yirmeyahu 16:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Julle het ook boosheid gedoen, selfs erger as julle vaders, want let op, julle leef elkeen volgens die hardkoppigheid van sy eie bose verstand, wil en emosie, sonder om na My te luister.Deut 28:64

13. Ek sal julle uit hierdie land uit slinger na ’n land wat julle nie geken het nie, nie julle of julle vaders nie; daar sal julle dag en nag ander gode dien omdat Ek julle geen guns sal bewys nie;’

14. daarom, let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer dit nie meer gesê sal word: ‘So waar as יהוה leef, wat die seuns van Yisra’el uit Mitzrayim gebring het nie;’

15. maar: ‘So waar as יהוה leef, wat die seuns van Yisra’el gebring het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen Hy hulle verban het,’ want Ek sal hulle herstel na hulle eie land wat Ek vir hulle vaders gegee het.

16. Let op, Ek sal stuur vir baie vissers,” verklaar יהוה, “en hulle sal hulle van die eilande af vang; daarna sal Ek stuur vir baie jagters wat hulle sal jag vanaf elke berg en van elke heuwel en uit die rotsskeure,

17. want My oë is op al hulle lewenswyses; dit is nie vir My weggesteek nie en hulle onregverdigheid is ook nie vir My oë verborge nie.

18. Ek sal eers hulle oortredinge en hulle sonde dubbeld vergeld omdat hulle My land besoedel het; My erfenis gevul het met die lyke van hulle verfoeilike afgode en met hulle verwerplikhede.”

19. O יהוה, my Sterkte en my Vesting, my Toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal die volke van die eindes van die aarde af kom en sê: “Ons vaders het niks geërf, behalwe valsheid, nutteloosheid en dinge sonder voordeel nie.”1 Kor 8:4

20. Let op, mense maak gode vir hulleself, wat geen gode is nie.

21. “Let daarom op, Ek gaan hulle laat weet; hierdie keer gaan Ek dat hulle My krag en mag ken en hulle sal weet dat My Naam (Karakter en Outoriteit) יהוה is.”

Yirmeyahu 16