Yirmeyahu 13:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So het יהוה vir my gesê: “Gaan koop vir jou ’n linne gordel en bind dit om jou heupe, maar moet dit nie in water sit nie.”

2. Ek het die gordel gekoop volgens die woord van יהוה en dit om my heupe gesit.

3. Toe het die woord van יהוה vir die tweede keer tot my gekom en gesê:

4. “Vat die gordel wat jy gekoop het, wat om jou heupe is en staan op, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in ’n klipskeur.”

Yirmeyahu 13