Yirmeyahu 10:15-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hulle is waardeloos, ’n werk van spottery; in die tyd van hulle straf sal hulle vergaan.

16. Ya’akov se deel is nie soos hierdie nie, want Hy is die Maker van alles en Yisra’el is die stam van Sy erfenis; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).

17. Tel jou bondel van die grond af op, jy wat onder die beleëring vertoef,

18. want so sê יהוה: “Let op, Ek slinger die inwoners van die land in hierdie tyd uit en sal vir hulle benoudheid veroorsaak sodat hulle gevind kan word.”

19. Wee my vanweë my besering! My wond is ongeneeslik, maar ék het gesê: “Waarlik, dit is ’n siekte en ek moet dit dra.”

Yirmeyahu 10