Y'hoshua 9:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. ook verslete en gelapte sandale aan hulle voete en verslete klere aan hulle self en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.

6. Hulle het na Y’hoshua gegaan in die kamp by Gilgal en vir hom en die manne van Yisra’el gesê: “Ons kom van ’n ver land af; sluit dan nou ’n verbond met ons.”

7. Die manne van Yisra’el het vir die Giviete gesê: “Miskien bly julle in ons land; hoe kan ons dan ’n verbond met julle sluit?”

8. Hulle sê egter vir Y’hoshua: “Ons is u diensknegte!” Toe vra Y’hoshua vir hulle: “Wie is julle en waar kom julle vandaan?”

9. Hulle sê vir hom: “U dienaars kom van ’n baie ver land af as gevolg van die verslag van die roem van יהוה, u God, wat ons aangaande Hom gehoor het en alles wat Hy in Mitzrayim gedoen het;

Y'hoshua 9