Y'hoshua 8:20-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Toe die manne van `Ai omdraai, let op, het die rook van die stad in die lug opgetrek en hulle het geen plek gehad om heen te vlug nie, nie hierheen of daarheen nie, want die manskappe wat op die vlug was na die wildernis, het omgedraai teen die agtervolgers.

21. Toe Y’hoshua en die hele Yisra’el sien dat die hinderlaag die stad ingeneem het en dat die rook van die stad af opstyg, het hulle omgedraai en die manne van `Ai verslaan.

22. Die ander het uit die stad gekom, hulle tegemoet sodat hulle tussen Yisra’el vasgevang was, sommige duskant en sommige anderkant en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle oor was wat oorleef of ontvlug het nie,

23. maar hulle het die koning van `Ai lewendig gevang en hom na Y’hoshua toe gebring.

24. Nadat Yisra’el al die inwoners van `Ai in die veld en in die wildernis waar hulle hul agtervolg het, doodgemaak het en almal deur die skerpte van die swaard geval het totdat hulle uitgewis was, het die hele Yisra’el teruggekom na `Ai en dit met die skerpte van die swaard getref.

25. Al die wat op dié dag geval het, manne sowel as vroue, was twaalf duisend; al die mense van `Ai.

26. Y’hoshua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van `Ai ten volle vernietig het nie.

27. Net die vee en die buit van daardie stad het die Yisra’eliete vir hulle buitgemaak, volgens die woord van יהוה, wat Hy Y’hoshua beveel het.

28. Y’hoshua het `Ai verbrand en daarvan ’n puinhoop gemaak vir ewig, ’n verlatenheid tot vandag toe.Deut 21:22,23

29. Hy het die koning van `Ai aan ’n paal opgehang tot sonsondergang toe en teen sononder het Y’hoshua beveel dat hulle sy lyk van die paal afhaal en dit by die ingang van die stadspoort gooi en ’n groot hoop klippe oor hom stapel, wat vandag nog daar is.

30. Toe het Y’hoshua ’n altaar gebou vir יהוה, die God van Yisra’el, op die berg `Eival,

31. soos Moshe, die kneg van יהוה, die seuns van Yisra’el beveel het, soos geskrywe staan in die wetboek van Moshe: ’n altaar van ongekapte klippe waaroor niemand ’n yster geswaai het nie en dáárop het hulle aan יהוה brandoffers gebring en vredesoffers geoffer.

32. Hy het daar ’n afskrif van die wet van Moshe op die klippe geskryf, wat hy geskryf het voor die oë van die seuns van Yisra’el.

33. Die hele Yisra’el, met sy oudstes en die offisiere en sy regters het aan weerskante van die ark gestaan, voor die Levitiese priesters, die draers van die ark van die verbond van יהוה, die vreemdeling sowel as die burgers: die helfte van hulle voor die berg G’rizim en die ander helfte van hulle voor die berg `Eival, net soos Moshe, die dienskneg van יהוה, tevore beveel het, om die volk van Yisra’el te seën.

34. Toe, hierna, het hy al die woorde van die wet voorgelees, die seën en die vloek, volgens alles wat in die boek van die wet geskryf is.

Y'hoshua 8