Y'hoshua 7:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. daarom kan die seuns van Yisra’el nie staan voor hulle vyande nie. Hulle draai hul rug voor hulle vyande, want hulle het ’n vloek op hulle. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die bangoed onder julle uit vernietig nie.

13. Staan op! Sonder die volk af en sê: ‘Sonder julleself af vir môre, want so sê יהוה, die God van Yisra’el: “Daar is bangoed in jou midde, O Yisra’el! Julle kan nie standhou voor jul vyande totdat julle die bangoed onder julle uit verwyder het nie”.’

14. Kom dan môre vroeg nader volgens julle stamme en die stam wat יהוה deur die lot aanwys, moet naderkom volgens families en die familie wat יהוה aanwys, moet naderkom volgens huisgesinne en die huisgesin wat יהוה aanwys, moet naderkom man vir man.

15. Dit sal wees dat die een wat aangewys is met die bangoed, met vuur verbrand moet word, hy en alles wat aan hom behoort omdat hy die verbond van יהוה oortree en ’n skandedaad in Yisra’el begaan het.”

16. Y’hoshua het dus vroeg in die oggend opgestaan en Yisra’el laat naderkom volgens stamme en die stam van Y’hudah is aangewys.

17. Toe hy die families van Y’hudah laat naderkom, het hy die familie van Zerag aangewys; toe hy die familie van Zerag laat naderkom, man vir man, is Zavdi aangewys.

18. Hy het sy huisgesin man vir man laat naderkom en `Akhan, die seun van Karmi, die seun van Zavdi, die seun van Zerag, van die stam van Y’hudah, is aangewys.Yog 9:24 en vertel my nou wat jy gedoen het. Moet dit nie vir my wegsteek nie.”

19. Toe sê Y’hoshua vir `Akhan: “My seun, ek smeek jou, gee lof en eer aan יהוה, die God van Yisra’el en lig jou hande op na Hom

20. `Akhan het Y’hoshua geantwoord en gesê: “Waarlik, ek het gesondig teen יהוה, die God van Yisra’el en dit is wat ek gedoen het:

21. toe ek ’n mooi mantel uit Shin’ar, twee honderd sikkels silwer en ’n goudstaaf van vyftig sikkels in gewig by die buitgoed gesien het, het ek hulle begeer en hulle gevat en let op, hulle is weggesteek in die grond binne-in my tent met die silwer onder dit.”

22. Y’hoshua het boodskappers gestuur en hulle het na die tent toe gehardloop en let op, dit was weggesteek in sy tent, met die silwer onder dit.

23. Hulle het dit vanuit die tent gehaal en dit na Y’hoshua en al die seuns van Yisra’el gebring en dit voor die aangesig van יהוה uitgegooi.

Y'hoshua 7