1. Yerigo was dig gesluit as gevolg van die seuns van Yisra’el; niemand het uitgegaan en niemand het ingegaan nie.
2. יהוה het vir Y’hoshua gesê: “Kyk, Ek het Yerigo met sy koning en dapper soldate in jou hand gegee.
3. Julle moet om die stad trek, al die krygsmanne; trek een maal om die stad; so moet jy doen vir ses dae lank.