Y'hoshua 5:13-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Dit het gebeur terwyl Y’hoshua by Yerigo was dat hy sy oë oplig en let op, daar het ’n man teenoor hom gestaan met sy getrekte swaard in sy hand en Y’hoshua het na hom toe gegaan en hom gevra: “Is jy vir ons of vir ons vyande?

14. Hy sê vir hom: “Ek is die Bevelvoerder van die leër van יהוה en nou het Ek hierheen gekom.” Y’hoshua val op sy gesig op die grond en buig hom neer en vra vir Hom: “Wat het my Meester vir Sy dienskneg te sê?”

15. Die Bevelvoerder van die leër van יהוה sê vir Y’hoshua: “Verwyder jou sandale van jou voete af, want die plek waar jy staan, is afgesonderd.” Y’hoshua het so gedoen.

Y'hoshua 5