Y'hoshua 21:19-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Al die stede van die seuns van Aharon, die priesters, was dertien stede met hulle weivelde.

20. Toe is die stede vanaf die stam van Efrayim deur die lot aangewys aan die families van die seuns van K’hat, die Leviete, aan die res van die seuns van K’hat.

21. Hulle het vir hulle gegee: Sh’khem, die vrystad vir hom wat manslag begaan het, met sy weivelde op die Bergland van Efrayim, Gezer met sy weivelde,

22. Kivtzayim met sy weivelde en Beit-Horon met sy weivelde: vier stede.

Y'hoshua 21