3. Die koning van Yerigo het na Ragav gestuur om te sê: “Bring die manne uit wat na jou toe gekom het, wat in jou huis ingegaan het, want hulle het gekom om die hele land te verken.”
4. Die vrou het egter die twee manne gevat en hulle weggesteek en sy het gesê: “Ja, die manne het na my toe gekom, maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.
5. Dit het gebeur dat toe die poort met donker gesluit moes word, die manne uitgegaan het; ek weet nie waarheen die manne gegaan het nie; agtervolg hulle gou, want julle sal hulle inhaal.”
6. Sy het hulle egter opgevat na die dak toe en hulle weggesteek onder die vlasstingels wat sy op haar dak oopgegooi het.
7. Die manne het hulle toe agternagejaag in die rigting van die Yarden, na die driwwe; dadelik nadat hulle agtervolgers uitgegaan het, het hulle die hek gesluit.
8. Voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe
9. en vir die manne gesê: “Ek weet dat יהוה die land aan julle gegee het en dat die verskrikking van julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land weggesmelt het voor julle,
10. want ons het gehoor hoe יהוה die water van die Sufsee voor julle laat opdroog het toe julle uit Mitzrayim gekom het en wat julle aan die twee konings van die Emoriete, Sigon en `Og, oorkant die Yarden gedoen het, wat julle heeltemal uitgewis het.Deut 28:10
11. Toe ons dit hoor, het ons binneste gesmelt en geen moed het in enige man oorgebly as gevolg van julle nie, want יהוה, julle God: Hy is God bo in die hemel en onder op die aarde;
12. daarom dan, sweer asseblief vir my by יהוה terwyl ek goedgunstig teenoor julle opgetree het, julle ook teenoor my vader se huishouding goedgunstig sal wees en vir my ’n teken van waarheid gee
13. dat julle die lewe van my vader, moeder, broers en susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons lewens sal red van die dood.”
14. Die manne sê vir haar: “Ons lewe vir julle s’n, as julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie en dit sal wees wanneer יהוה aan ons die land gee, ons gunstig en getrou teenoor julle sal wees.”