Y'hoshua 19:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die tweede lot op Shim’on geval, vir die stam van die seuns van Shim’on volgens hulle families en hulle erfenis was in die middel van die erfenis van die seuns van Y’hudah.

2. Hulle het as hulle erfenis: Be’er-Sh’va, Sh’va, Moladah,

3. Hatzar-Shu’al, Balah, `Etzem,

4. El-Tolad, B’tul, Hormah,

5. Ziklag, Beit-Hammarkavot, Hatzar-Susah,

6. Beit-L’va’ot en Sharugen; dertien stede met hulle dorpe;

7. `Ayin, Rimmon, `Eter en `Ashan: vier stede met hulle dorpe

8. en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, so ver as tot by Ba’alat-Be’er, Ramah van die Suidland (Negev) gekry. Hierdie is die erfenis van die stam van die seuns van Shim’on volgens hulle families.

9. Die erfenis van die seuns van Shim’on het uit die deel van die seuns van Y’hudah gekom omdat die deel van die seuns van Y’hudah vir hulle te groot was; die seuns van Shim’on het dus ’n erfenis ontvang in die middel van Y’hudah se erfenis.

Y'hoshua 19