Y'hoshua 14:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. want die seuns van Yosef was twee stamme: M’nasheh en Efrayim en aan die Leviete het hulle geen deel in die land gegee nie, behalwe stede om in te bly, met hulle weiveld vir hulle vee en vir hulle besittings.

5. So het die seuns van Yisra’el gedoen, net soos יהוה Moshe beveel het en hulle het die land verdeel.

6. Toe het die seuns van Y’hudah nader gekom na Y’hoshua in Gilgal en Kalev, die seun van Y’funneh, die K’niziet, het vir hom gesê: “Jy ken die woord wat יהוה met Moshe, die man van God, in Kadesh-Barnea gepraat het met betrekking tot jou en my.

7. Ek was veertig jaar oud toe Moshe, die dienskneg van יהוה, my van Kadesh-Barnea af gestuur het om die land te verken en ek het vir hom woord gebring soos dit in my hart was.

8. Nogtans het my broers wat saam met my opgegaan het, die binneste van die volk laat smelt met vrees, maar ek het יהוה, my God, ten volle gevolg.

Y'hoshua 14