Y'hoshua 13:22-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Saam met hulle dooies het die seuns van Yisra’el ook vir Bil’am, die seun van B’or, die waarsêer, met die swaard doodgemaak.

23. Die grens van die seuns van Re’uven was die Yarden. Hierdie was die erfenis van die seuns van Re’uven volgens hulle families, die stede met hulle dorpe.

24. Moshe het ook vir die stam van Gad ’n erfenis gegee volgens hulle families.

25. Hulle grondgebied was: Ya’zer, al die stede van Gil’ad en die helfte van die land van die seuns van `Amon, so ver as `Aro’er wat voor Rabbah lê,

26. van Heshbon af so ver as Ramot-Mitzpeh en B’tonim en van Maganayim af tot by die grens van Lidvir

27. en in die vallei: Beit-Haram, Beit-Nimrah, Sukkot en Tzafon, die res van die koninkryk van Sigon, koning van Heshbon, met die Yarden as ’n grens, so ver as tot by die lae end van die see van Kinn’rot, oorkant die Yarden na die ooste.

28. Hierdie is die erfenis van die seuns van Gad volgens hulle families, die stede met hulle dorpe.

29. Moshe het ook ’n erfenis aan die halwe stam van M’nasheh gegee; hierdie was die besitting van die halwe stam van die seuns van M’nasheh, volgens hulle families.

30. Hulle grondgebied was: vanaf Maganayim, die hele Bashan, die hele koninkryk van `Og, koning van Bashan en al die dorpe van Ya’ir in Bashan, sestig stede;

31. die helfte van Gil’ad met `Ashtarot en Edre’i, die stede van die koninkryk van `Og in Bashan, vir die seuns van Makhir, die seun van M’nasheh; vir die helfte van die seuns van Makhir volgens hulle families.

Y'hoshua 13