Yesha'yahu 8:8-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Dan sal dit voortstroom in Y’hudah in, dit sal oorstroom en deur gaan; dit sal selfs tot by die nek kom en die uitsprei van sy vlerke sal die breedte van U land vul, o, God wat by ons is! (`Immanu’el)

9. Bewe, o volke en word stukkend geslaan; luister, julle vanaf die ver plekke van die aarde: omgord julleself en word verslaan.Open 21:3

10. Maak ’n plan en dit sal verydel word; maak ’n voorstel, maar dit sal nie staan nie, want God is by ons (`Immanu’el)!”

11. Want so het יהוה met my gepraat; met magtige krag vir my instruksie gegee om nie te loop op die pad van hierdie volk nie en gesê:

12. “Julle moenie sê: ‘’n Sameswering’ vir alles wat hierdie volk ’n sameswering noem nie en julle moenie bang wees waarvoor hulle bang is, of daarvoor vrees nie.1 Kef 3:15

13. יהוה-Tzva’ot, Hom moet julle as Afgesonderd beskou; Hy is julle God en Hy is julle Helper! Kef 2:8; Rom 9:32 vir beide die huise van Yisra’el en ’n Vangnet en ’n Strik vir die inwoners van Yerushalayim.

14. Dan sal Hy ’n Toevlugsoord wees; asook ’n Klip om mee te slaan en ’n Rots om oor te struikel

15. Baie sal oor dit struikel, dan sal hulle val en stukkend wees; hulle sal selfs verstrik en gevang word.

16. Bind die getuienis toe, seël die wet tussen My studentevolgelinge.”

17. Ek sal wag op יהוה, wat Sy gesig verberg vir die huis van Ya’akov; ek sal selfs gretiglik na Hom soek.Heb 2:13

18. Let op, ek en die seuns wat יהוה my gegee het, is as tekens en wonders in Yisra’el, vanaf יהוה-Tzva’ot wat op die berg Tziyon bly.Lev 19:31; Deut 18:11

19. Wanneer hulle vir julle sê: “Raadpleeg die mediums en die spiritiste wat fluister en mompel;” sulke mense is nie God se volk nie, hulle wat die dooies namens die lewendes raadpleeg.

20. Wat die wet en die getuienis betref, as hulle nie praat volgens hierdie woord nie, is dit omdat hulle geen omkoopgeskenk daarvoor ontvang het nie.

21. Hulle sal deur die land trek, beswaard en honger en dit sal wees dat wanneer hulle honger het, hulle woedend sal wees en hulle koning en hulle God sal vloek en hoogmoedig sal wees.

Yesha'yahu 8