Yesha'yahu 7:9-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. en die hoof van Efrayim is Shomron en die hoof van Shomron is die seun van Remalyah. As julle nie vertrou nie, sal julle sekerlik nie voortgaan nie!’”

10. Toe het יהוה weer met Agaz gepraat en gesê:

11. “Vra vir jouself ’n teken van יהוה, jou God; maak dit diep soos Sh’ol of hoog soos die hemel.”

12. Agaz het egter geantwoord: “Ek sal nie vra of יהוה toets nie.”

13. Toe sê hy: “Luister nou, o huis van Dawid! Is dit ’n te klein saak vir julle om mense se geduld te beproef sodat julle die geduld van my God ook beproef?Mat 1:23

14. יהוה sal daarom self aan julle ’n teken gee: let op, ’n maagd sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun en sy sal Sy Naam (Karakter en Outoriteit) `Immanu’el noem.

15. Hy sal dikmelk en heuning eet teen die tyd dat Hy sal weet hoe om die bose te weier en om die goeie te kies,

16. want voordat die Seun sal weet hoe om die bose te weier en die goeie te kies, sal die land voor wie se twee konings jy lastig geval word, verlate wees.

17. יהוה sal oor jou, jou volk en die huis van jou vader sulke dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat die koning van Ashur Efrayim van Y’hudah afgeskei het nie!

18. In dié dag sal יהוה vir die vlieë fluit wat aan die verste einde van die strome van Mitzrayim is en vir die bye wat in die land van Ashur is.

19. Hulle sal kom en gaan sit op die steil klowe, op die lysies van die kranse en op al die doringbosse en op al die drinkplekke.

20. In dié dag sal יהוה met ’n skerp skeermes die anderkant van die Eufraat, deur die koning van Ashur, die kop en die beenhare skeer en hy sal ook die baard afskeer.

21. In daardie dag mag ’n man ’n jong koei en ’n paar skape aan die lewe hou

22. en weens die oorvloed van melk wat hulle lewer, sal hy dikmelk eet, want almal wat in die land oorgebly het sal dikmelk en heuning eet.

23. Dit sal gebeur in daardie dag dat op elke plek waar daar ’n duisend wingerdstokke was, met die waarde van ’n duisend sikkels silwer, dorings en distels sal kom.

24. Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.

Yesha'yahu 7