Yesha'yahu 64:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. wanneer U ontsagwekkende dinge doen wat ons nie verwag het nie. U het afgekom en die berge het geskud in U Teenwoordigheid!Ps 31:18-20; 1 Kor 2:9

3. Van die begin van die wêreld af het hulle dit nie gehoor of met die oor waargeneem, of het die oog, o God, enige buiten U gesien nie, as gevolg van wat U doen vir dié wat op U wag.

4. U ontmoet hom wat onpartydige opregtheid doen, wat U met vreugde in U handelswyses onthou. Let op, U was kwaad, want ons het gesondig; ons het oortree teenoor U handelswyses en tog sal ons gered word.

5. Ons het almal geword soos ’n onrein ding en al ons regverdige dade is soos ’n vuil kleed; ons het almal verwelk soos ’n blaar en ons onregverdigheid het ons weggevat soos die wind.

6. Daar is niemand wat U Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep, wat onthou om aan U vas te hou nie, want U het U gesig weggedraai van ons af en ons oorgegee aan die krag van ons sondes,

7. maar nou, יהוה, U is ons Vader; ons is die klei en U is ons Pottebakker en ons is almal die werk van U hand.

Yesha'yahu 64