Yesha'yahu 62:10-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Gaan deur, gaan deur die poorte, maak die pad oop vir die mense! Bou op, bou op die hoofpad; verwyder die klippe, lig ’n banier op oor die volke!

11. Let op, יהוה het tot aan die einde van die aarde aangekondig, sê vir die dogter van Tziyon: “Kyk, jou Verlossing kom; let op, Sy beloning is by Hom en Sy vergoeding voor Hom.”

12. Hulle sal genoem word: “Die afgesonderde volk, die vrygekooptes van יהוה” en jy sal genoem word: “Uitgesoekte, ’n stad nie in die steek gelaat nie.”

Yesha'yahu 62