1. Let op, die hand van יהוה is nie te kort dat dit nie kan red nie en Sy oor is ook nie doof dat dit nie kan hoor nie,
2. maar julle boosheid het ’n skeiding gemaak tussen julle en julle God en julle sondes het Sy gesig vir julle verberg sodat Hy nie hoor nie,
3. want julle hande is onrein gemaak deur bloed en julle vingers met wetteloosheid; julle lippe het valsheid gepraat, julle tong mompel boosheid.
4. Niemand kla in onpartydige opregtheid aan en niemand pleit eerlik nie; hulle vertrou in verwarring en praat leuens; hulle raak swanger aan moeilikheid en gee geboorte aan wetteloosheid.
5. Hulle broei adder-eiers uit en weef spinnerakke; hy wat van hulle eiers eet, sterf en uit die wat stukkend gebreek word, breek ’n adder uit.Open 19:8
6. Hulle geweefdes sal nie klere word nie en hulle sal hulle ook nie met hulle werke toemaak nie; hulle werke is wettelose werke en ’n daad van geweld is in hulle hande.