Yesha'yahu 54:13-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. יהוה sal al jou seuns leer

14. In onpartydige opregtheid sal jy gevestig word; ver van onderdrukking, want jy sal nie vrees nie en ver van verskrikking, want dit sal nie naby jou kom nie.

15. As iemand jou wild aanval, sal dit nie van My af wees nie; wie jou ook al aanval, sal val as gevolg van jou.

16. Let op, Ék het self die smid geskep wat die koolvuur aanblaas en ’n instrument vir sy werk voortbring en Ék het die Vernietiger geskep om te verwoes.

Yesha'yahu 54