1. Word wakker, word wakker, trek jouself aan met jou sterkte, o Tziyon; trek jouself aan in jou pragtige klere, o Yerushalayim, die afgesonderde stad, want die onbesnedene en die onreine sal nie langer in jou inkom nie.
2. Skud jouself los uit die stof, staan op, o gevange Yerushalayim; maak jouself los van die kettings om jou nek, o gevange dogter van Tziyon,1 Kef 1:18
3. want so sê יהוה: “Julle is verkoop vir niks en julle sal vrygekoop word sonder geld,”