Yesha'yahu 50:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. יהוה-God het my oor oopgemaak en ek was nie ongehoorsaam of het teruggedraai nie.Luk 6:29

6. Ek het my rug gegee vir die wat slaan en my wange vir die wat die baard uitpluk; ek het nie my gesig toegemaak vir vernedering en gespoeg nie,

7. want יהוה-God help my; daarom word ek nie onteer nie; daarom het ek my gesig soos ’n vuursteen gemaak en ek weet dat ek nie beskaamd sal staan nie.

8. Hy wat my verdedig is naby; wie sal teen my staan? Laat ons teen mekaar opstaan! Wie het ’n saak teen my? Laat hom naderkom na my toe!

9. Let op, יהוה-God help my; wie is dit wat my veroordeel? Let op, hulle sal almal verslyt soos ’n kledingstuk; die mot sal hulle eet.

Yesha'yahu 50